Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wellington troef Tiere

Wellington troef Tiere
 
2010-02-11


SATERDAG was die tafel gedek vir ’n titaniese stryd toe die krieketspanne van Wellington en Young Peoples koppe gestamp het op die Pen Basson-velde.

Dié stryd van twee hardebaard-spanne van die Premierliga 45 boulbeurt-kompetisie het goeie krieket opgedis, met Bella Roma Wellington-CPUT Krieketklub wat uiteindelik met die louere weggestap het.

Die tuisspan het die dag afgeskop deur die loot te verloor en is ingestuur om eerste te kolf.

Hoewel Wellington vroeg reeds in die knyp was met die telling op 29/3, ná goeie boulwerk deur Peoples se aanvangsbouler, Charlton Daniels (4/28), het die tuisspan se ou-staatmakers hul span uit die sloot gehelp.

Johan du Plessis (59), Bronwill Williams (53) en Craig Abrahams (25) was die groot helde in hul span se lopietotaal van 199/8 ná 45 boulbeurte.

Peoples het deurgaans hul opponente se totaal positief gejaag, maar weer eens was dit die gebrek aan vennootskappe wat die Tiere gekelder het.

Peoples was uiteindelik almal uit vir 171 lopies in die 43ste boulbeurt.

Slegs Peoples se kaptein, Brendon Adams (30), tesame met Wade October (26), kon veggees toon.

Vir Wellington het Marnus Phfister (3/37) en Christo Ritter (3/15) uitstekend geboul.

* In ’n ander kragmeting het Maties II vir Wellington II met 36 lopies geklop.

Maties II het eerste gekolf en 174/9 behaal in 45 boulbeurte. Wellington is hierteenoor uitgeboul vir 138 lopies, met C Williams (31) Wellington se beste kolwer.

Vir Wellington het W Hendricks goed gevaar met die bal (3/20 in 9). Wellington III het op hul beurt met 132 lopies vasgeval teen Brackenfell III.

* Peoples se tweedes het hul swakste vertoning nóg gelewer om met ses paaltjies te verloor teen Maties op Daljosafat. Peoples was uitgeboul vir ’n skamele 61 lopies in die 18de boulbeurt.

* Eerskomende naweek speel Wellington I teen Stellenbosch & Distrikte; Wellington II teen Maties III en Wellington III teen Stellenbosch & Distrikte.

Peoples I speel Saterdag tuis teen Vredenburg/Saldanha, Peoples II speel tuis teen Paarl-Oos II en Peoples III speel weg teen Drakenstein Edu.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za