Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Groothandel nie altyd die beste

Groothandel nie altyd die beste
 
2005-09-08


SOWAT twee maande gelede besluit ons om die badkamer heeltemal te stroop en ‘n behoorlike “facelift” te gee.

Gewapen met alles was ons beplan om te doen, sit ons toe af na ‘n baie bekende groothandelaar, met die aanloklikste advertensies in en verwag om die beste en net die beste pryse te kry, want dit is tog wat die advertensies sê.

Net om onsself te vergewis, besluit ons om ‘n tweede kwotasie by ‘n kleinhandelaar ook te kry.

Terug by die huis doen ons toe deeglik huiswerk en groot was ons verbasing dat die kleinhandelaar se kwotasie R1891 goedkoper is en dit sluit ‘n nuwe geyser in, wat die groothandelaar nie het nie, want hulle spesialiseer nie daarin nie.

En alles was presies dieselfde artikels, want ons het alle kodes en make gehad van dít wat ons wou hê.

Ek moet net meld dat die kleinhandelaar ook nie daarin spesialiseer nie, maar aangebied het om dit vir ons te kry. Die kleinhandelaar het ons ook bygestaan met die beplanning.

En om alles te kroon, lewer die groothandelaar ook nie gratis af nie, al is dit plaaslik.

Die kleinhandelaar het alles binne ‘n bestek van drie dae na die kwotasie aanvaar is, alles wat ons bestel het, gratis by ons afgelewer en ook bouers en teëlaars aanbeveel. Voorwaar ‘n een-stop diens en dít plaaslik.

PJ & M Barkhuizen



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za