Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Plaaslike helde maak stem dik

Plaaslike helde maak stem dik
 
2010-02-11

Jaco van Wyk

DIE geskiedkundige rugby-feeswedstryd Saterdag tussen die Boland Kavaliers en die Vodacom Stormers, in die splinternuwe Kaapstad-stadion in Groenpunt, sal nie te lank onthou word vir die opwindende spel wat opgedis was nie.

Beperkte oomblikke van briljantheid het wel by tye die verbeelding so effens aangegryp.

Die eindtelling was uiteindelik 47 (18) - 13 (13) in die guns van die Stormers, nadat die Kavaliers goeie teenstand gedurende die eerste 40 minute gebied het.

Ondersteuners - spesifiek ondersteuners van Paarl en Wellington om presies te wees - se oë was egter veel-eerder op dié wedstryd vasgenael om die vertonings van sekere spelers dop te hou.

Nee, nie die spel van Bryan Habanna op linkervleuel nie - dit is nou al ou nuus.

Meer opwindend vir plaaslike ondersteuners, was die magdom spelers wat vanaf Paarlse en Wellingtonse skole afkomstig is, wat Saterdag in aksie was.

Beide kapteins betrokke in die loot, het hul rugby in Paarlse skole leer speel.

Schalk Burger, oud-leerder van Hoërskool Gimnasium en Janro van Niekerk, ’n oud-Boishaaier (albei 2001), het Saterdag hul onderskeie spanne aangevoer.

Burger het natuurlik sy Stormers-troepe gelei, terwyl Van Niekerk die Boland Uitnodigingspan se besluitneming behartig het.

Oomblikke later, op die speelveld, was daar nóg ’n herontmoeting van ou-skoolmaats ... ’n reünie wat nou nie juis met glimlagte en drukkies gepaard gegaan het nie.

In die Stormers se 22-tal, was die oud-Gimmies Burger en Dylan des Fountain, die oud-Boishaaiers Pieter Louw, Yaya Hartzenberg, JD Moller en Callie Visagie, die voormalige leerder van Hoër Landbouskool Boland Willem de Waal, asook Juan de Jongh wat skoolgegaan het by Hoërskool Hugenote.

Wat die Boland Kavaliers-span aanbetref, was die oud-leerders van Landbouskool, Rossouw Kruger en Clemen Lewis, Die oud-Boishaaiers Van Niekerk, Zandré Jordaan en Llewellyn Adonis, asook die oud-leerder van New Orleans Sekondêr, Hilton Lobberts, almal in swart en goud geklee.

) Wat die wedstryd betref, was daar altesaam agt drieë in dié wedstryd gedruk - sewe drieë deur die Stormers en een deur die Kavaliers.

Johann Peacock het die Wynboere se enigste drie gedruk, terwyl die Stormers se drieë behaal is deur Deon Fourie, Dylan des Fountain (2), Frikkie Welsh, Sireli Naqelevuki, Ricky Januarie en Bolla Conradie.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za