Rugby-flitse
2010-02-18
RIVERSTONES
Riverstones Rugbyklub se bestuursvergadering vind 23 Februarie om 19:30 plaas te Bougaardstraat 41. Die klub oefen tans op die Dal vanaf 18:00 op Dinsdae en Donderdae.
VIOLETS
Violets oefen Dinsdae en Donderdae op die Boy Louw-velde. Spelers kom 18:00 by Shoprite bymekaar. Violets speel vriendskaplike wedstryde op 27 Februarie teen Porterville (weg), 6 Maart teen Rangers en 20 Maart teen La Motte. Enige klub wat op 27 Maart teen Violets wil speel, kan vir Roger (082-228-0470) kontak.
YOUNG GARDENS
Young Gardens speel môre ’n vriendskaplike wedstryd teen ’n besoekende span van Namibië, Kudu RFC, te Faurestraat-stadion vanaf 19:00. Toegang is R5. Op 27 Februarie bied Gardens hul jaarlikse sewestoernooi aan te Drakenstein Korrektiewe dienste en op 6 Maart speel Gardens teen Evergreens. Kontak Davey de Kock (078-395-8736) met navrae.
More
News
|