Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kunsdagboek

Kunsdagboek
 
2010-02-18


* Lollos. Die kinderopvoering Sy Naam is Lollos is op 20 Februarie om 09:00 by die Taalmonument te sien. Kaartjies is R40 per kind (R5 per volwassene). Bespreek by Rochelle by 021-863-2800. Bring ’n sagte kussing of kombers saam.
* Uitstalling. Fanie Marais, predikant van die NG Kerk Wellington, stal in Durbanville skilderye uit onder die titel: “Wat is die mens?”. Die opening vind plaas op 23 Februarie om 19:00 te Rust-en-Vrede Galery (021-976-4691).
* Opvoering. Die Endlersaal by die Konservatorium in Stellenbosch bied die Johannes-passie aan op 19 Februarie om 20:00 met die Kamerkoor van die Würzburgse Katedraal, die Tiepolo Ensemble en Schola Cantorum en die Universiteit van Stellenbosch se veelsydige akademiese Kamerkoor. Outentieke Barokinstrumente, word gebruik. Kaartjies is by Computicket of by 083-915-8000. Vir navrae, skakel 021-808-2343 tydens kantoorure.
* Praatjie. Die Kunsvereniging Stellenbosch hervat op Woensdag 24 Februarie om 17:30 by die Sasol Kunsmuseum hul bekende en gewilde byeenkomste waarin kunstenaars en kunskenners lede toespreek oor onderwerpe wat dwarsoor die visuele kunstoneel strek. Leon de Bliquy sal ’n praatjie met die titel “Alchemy, Mirrors and Magic lewer”. Toegang is gratis (R30 vir nie-lede). Kontak Reza by 021-808-3668 (Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 11:00 en 13:00).
* Performance. Koos Kombuis will perform at the Golden Valley Casino in Worcester on 26 February at 21:00. He is considered to be one of the best singer/lyricists in South Africa. Tickets are R50 including a wine tasting. Early booking is advised on 023-348-7200.
* Uitvoering. Nina Schumann, internasionaal-erkende Stellenbosse pianis, open die Endler-klavierreeks met ’n solo-uitvoering op 20 Februarie om 20:00. Die klavierreeks vorm deel van die toonaangewende Endler-konsertreeks wat vanjaar nie minder nie as 34 puik klassieke musiekkonserte gaan aanbied. Kaartjies teen R85 en R65 is landwyd by Computicket (083-915-8000) beskikbaar.

Die kaartjiekantoor by die Endlersaal open om 19:00 dieselfde aand. Skakel 021-808-2343 gedurende kantoorure.
* Optrede. Nedine Blom tree op 12 Maart om 19:00 by die Riebeek Kasteel NG Kerksaal op. Dit sal haar ‘Supercool vir Jesus’ show wees waar sy veral toespits op die kinders en die ouers.

Kaartjies is beskikbaar by Theresa Visser by 082-378-7595 teen R20. Op 14 Maart hou Nedine ’n gesinsdiens in die kerk.
* Exhibition. The opening of Paul Emmanuel’s Transitions exhibition will take place at the Spier Old Wine Cellar Gallery near Stellenbosch at 15:00 on 27 February.

The exhibition, comprising a series of drawings (and a film) will be shown at Spier until 31 March.


More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za