Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tradisionele sukses

Tradisionele sukses
 
2010-02-18

Jaco van Wyk

DIE Daljosafat-stadion was verlede Donderdag die plek van opwinding vir duisende Paarlse skoliere, wat luidkeels hul skole se top-atlete aangemoedig het tydens die Tradisionele Atletiekbyeenkoms vir hoërskole.

Skole wat in aksie was tydens dié geleentheid, was die sekondêre skole Charleston Hill, Klein Nederburg, New Orleans, Noorder-Paarl en Paulus Joubert.

Klein Nederburg het uiteindelik te veel skietgoed vir hul opponerende skole gehad en is welverdiend aangewys as die kampioenskool ná afloop van dié byeenkoms.

KN se seunsatlete het altesaam vyftien keer tot die boonste trappie van die podium geklim, terwyl hul dogtersatlete met elf eerste plekke gespog het.

Paulus Joubert se dogters het self goed presteer en het veertien eerste plekke behaal, met hul seunsatlete wat tien keer geseëvier het in ’n gegewe item.

New Orleans het vyftien eerste plekke onder hul seunsatlete behaal en ses eerste plekke onder hul dogters.

Klein Nederburg het ook die beste seunsatleet van die dag opgelewer, met die Victor Ludorum Henrico Bruintjies (o.17) wat geskitter het in die 100m (10,6) en 200m (22,3).

Die Victrix Ludorum trofee het gegaan aan Loretta Douw (o.14) van Charleston Hill, vir haar puik prestasies in die 100m (13,6) en 200m (27,6).

Ander atlete wat noemenswaardig presteer het in hul ouderdomsgroepe, is (seuns) Graham Fourie (PJ; o.14), Eldron van Rooyen (NO; o.15), Leeroy Bitterhout (KN; o.19), (dogters) Areesa Grain (KN; o.15), Boudine Jordaan (NO; o.15), Mekyla Warries (NO; o.17) en Albetina Watts (PJ, o.19).




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za