Skryf in vir skoonheidskompetisie
2010-02-18
MEISIES vanaf 3 tot 14 jaar oud kan nou inskryf vir ’n opwindende skoonheidskompetisie, Little Miss Winelands, waarin opwindende pryse gewen kan word. Die verskillende afdelings is Tiny Twinkle (3 tot 5 jaar), Pearly Perfect (6 tot 8 jaar), Beautiful Blossom (9 tot 11 jaar) en Pretty Pre-Teen (12 tot 14 jaar). Inskrywings vir die skoonheidskompetisie is R100 per deelnemer en inskrywings sluit op 20 Februarie. Die gala-aand vind op 20 Maart plaas. Inskrywingsvorms kan aangevra word by info@misswinelands.co.za of skakel Rietha by 083-460-2324 of Rixi by 083-556-0511.
More
News
|