Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kamp vir leerders

Kamp vir leerders
 
2010-02-18


DAAR wag ’n fantastiese belewenis op leerders van graad 6 tot 12 by die jaarlikse nasionale kamp van die Verenigende Christen-Studentevereniging (VCSV) wat vanaf 26 tot 31 Maart by die Tulbagh Landgoed aangebied word.

Hierdie kamp is vir baie leerders lewensveranderend, en onderwysers vertel dikwels van die positiewe invloed wat die kampers in hul skole en hulle gemeenskappe gaan uitoefen. Die kamp is ook propvol pret, sport en ontspanning, en natuurlik musiek.

Die fokus van die kamp is gesonde waardes en lewensvaardighede, en werkswinkels word aangebied oor onder andere leierskap, selfbeeldontwikkeling, doelwitstelling, burgerskap en entrepreneurskap (wat praktiese idees insluit om deelnemers te inspireer om hul eie besighede te begin).

Die koste beloop R440 per leerder en alle graad 6 tot 12-leerders is welkom om in te skryf. Ander jongmense en jeugwerkers kan moontlik as vrywilligers en kleingroepleiers optree.

Vir meer inligting en inskrywingsvorms kan jy vir Daryl of Dawn by die VCSV se hoofkantoor by 021-887-0212 skakel of ’n e-pos aan daryl@vcsv.co.za of dawn@vcsv.co.za stuur.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za