DIT is amptelik! Die kontrakte met Steve Hofmeyr is geteken en ’n belewenis soos wat ses jaar laas in die Paarlberg Amfiteater ervaar is, keer terug vir net een vertoning.
“Neil Diamond – a Beautiful Noise Reunion” vind plaas in die Paarlberg Amfiteater op Saterdag 20 Maart.
Steve Hofmeyr en sy orkes sal treffers soos Sweet Caroline, Cracklin Rosie, I am I said, Beautiful Noise en talle meer afwissel met interessante insette oor die lewe van Neil Diamond.
Meer as dertig ton klank, beligting en ’n span van meer as 22 tegnici sal saamwerk om die lewe en musiek van Neil Diamond te laat herleef.
Volgens die promotor, Gerhard Meyer, sal slegs een vertoning aangebied word as gevolg van Steve se beperkte beskikbaarheid en die reusekostes verbonde aan die vertoning.
Ses jaar gelede het altesame 12 000 mense die amfiteater oor drie aande volgepak, die mees suksesvolle konsert ooit in die geskiedenis van die amfiteater.
“Ek sou aanraai dat jy dadelik bespreek, want dit is ’n belewenis wat net een maal in ’n dekade ervaar word,” het Meyer gesę.
Kaartjies beloop R120 tot R150. Bespreek by 021-872-9754 of besoek www.cultivaria.com vir meer inligting.