DIE jaarlikse karnaval van St Albans Primêr word van 12 tot 13 Maart op hul skoolterrein gehou.
Bekende sanggroepe en sangers sal gaste vermaak. Daar is ook die mallemeule, verskillende soorte stalletjies, eetgoed, biertuin en meer. Toegang is R30 (R20 vir kinders). Voorafverkoopte afslagkaartjies is R25 (R15 vir kinders) tot Vrydag 12 Maart 17:00. Ritkaartjies is by die skool beskikbaar teen slegs R7 per rit. Skakel 021-873-2441 as jy belang stel in ’n stalletjie.