DIE gevierde tenoor Jannie Moolman span op 18 en 19 Februarie om 20:15 by die Oude Libertas Amfiteater kragte saam met Brandon October, een van Suid-Afrika se mees veelsydige sangers, in ’n produksie getiteld To Life.
Dit is ’n perfekte oorgangsproduksie wat teatergangers op ’n musikale reis gaan neem, met opera, rock, jazz, blues tot klassieke werke en ’n paar verrassings wat nie werklik gekategoriseer kan word nie.
Van die liedere waarna uitgesien kan word sluit in Crazy Little Thing Called Love, Una furtiva lagrima, Vivere, Granada, Caruso, Miserere en Whole Lotta Love.
Kaartjies is tussen R110 en R130 by Computicket of by Oude Libertas 021-809-7473 of www.oudelibertas.co.za.