EK het onlangs ’n pers GHD “straightening iron” vir hare (dis die travelpack met haardroër) vir R2000 by ’n haarsalon in die Paarlse middedorp gekoop.
Ek was van die begin af ontevrede, want die yster het langer as die egte GHD’s gevat om warm te word en het die hare getrek.
Ek het onraad gemerk en het self ‘GHD customer services’ gebel met sy serienommer wat op die plastiekpapiertjie aan die draad gevind kan word.
Ek is toe ingelig dat hierdie GHD ’n vervalsing is, en dat dit nie getoets is om op die mark te wees nie, m.a.w, dis ’n gesondheidsgevaar, dra geen waarborg nie, en is ’n internasionale bedrogsoortreding.
Na ’n lang stryd het ek nou my geld teruggekry - wat ’n erkenning is dat vervalste produkte verkoop is.
As jy wil nagaan of jy ’n vervalste produk gekoop het, skakel 0860 109 366.
Ingeloop