Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Liefdesfees met woord en melodie

Liefdesfees met woord en melodie
 
2010-02-18


TER viering van die maand van liefde bied die kultuurorganisasie Kairos op Vrydag 26 Februarie vir die derde agtereenvolgende jaar in samewerking met die Afrikaanse Taalmuseum/monument ’n Liefdesfees in die Paarl.

Dit neem vanjaar die vorm aan van piekniekkonsert by die Taalmonument van 18:00. Op die program is liefdesliedjies deur Maryke B en die singende bloemiste, Bernie, beide van die Paarl, André Thomas van Elsiesrivier en Boeta Gammie, oftewel Akkedissie, wat al die pad van Calvinia kom.

Hy is ’n bekende stem oor die radio en was ook die begeleier van die wenners van verlede jaar se ATKV-rieldanskompetisie.

Die Paarlse musikante Luca Hart en Danie du Toit sal piekniekgangers vermaak met klanke van viool en kitaar.

Petro Rhode van Kairos sê: “Ons is maar al te bewus van die gebrek aan blootstelling vir kunstenaars. Met die Liefdesfees wend ons dus ’n daadwerklike poging aan om ’n verhoog te skep vir verskillende kunstenaars.”

Die program word afgesluit met ’n “oop mikrofoon” waartydens digters hul liefdesgedigte kan voorlees. Belangstellendes wat hieraan wil deelneem, kan voordat die program om 19:00 ’n aanvang neem, hul name aan die programleier besorg.

Besoekers is welkom om hul eie piekniekmandjie te bring of om ’n spesiale Liefdesfeesmandjie teen R120 vir twee (met ’n bottel vonkelwyn ingesluit) te bestel vanaf Volksmond Koffiewinkel by die Taalmonument (021-863-2800).

Wyne van Boland Kelder kan geproe word, Wyn sal teen spesiale pryse te koop wees. Die ATKV is ’n borg van die geleentheid. Kaartjies kos R20 (met ’n glas Boland Kelder Rosé ingesluit) en R10 vir kinders by die hek of vooraf by 021-872-3441 (Taalmuseum) of by 076-304-9627 (Petro Rhode).




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za