MY seun wat Meganiese Ingenieurswese aan die Kaapse Technikon studeer, is aan die begin van dié akademiese jaar gekies om deel te wees van ’n studiegroep studente wat na Nederland sal reis vir ’n projek.
Die studiereis vind in Februarie plaas en Alex het nie oor ’n paspoort beskik nie. Hy moes in rekordtyd ’n paspoort in die hande kry.
Ná ’n bietjie rondvra onder sy vriende, het iemand hom verwys na die Paarl-tak van Binnelandse Sake. Hy het op 22 Januarie sy aansoek voltooi. Hy moes ’n permanente paspoort aanvra aangesien Nederland nie tydelike paspoorte aanvaar nie.
Ons het besef dat ons gegewe die kort tydjie wat ons het om’n paspoort in die hand te hê, eintlik die onmoonlike verwag.
Mev Matthews, ’n werknemer by dié tak wat met paspoorte werk, het deurentyd professionele en uitstekendende diens gelewer. Die paspoort was Dinsdag 9 Februarie (13 werksdae nadat ons aansoek gedoen het) beskikbaar vir ontvangs deur ons.
Tydens een van my vele gesprekke met haar het ek haar bedank vir die flinke diens en haar woorde aan my was: “Mevrou, ek doen net my werk”.
Ons kla so baie oor diens van staatsinstellings, maar die verloop van hierdie proses het my sienswyse beslis verander.
Elizbé le Roux