Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gewapende roof herleef met hofbesoek

Gewapende roof herleef met hofbesoek
 
2010-02-18

Lise Beyers

DIE Paarl was Dinsdag in rep en roer toe ’n konvooi polisievoertuie met flitsende ligte en swaar gewapende polisiebeamptes op die Posduifklub in Bergrivier Boulevard toegesak het.

Hoewel inwoners gevrees het dat ’n misdaad gepleeg is, was dit in werklikheid ’n ter plaatse ondersoek van die toneel waar ’n gewapende roof op 16 Maart 2006 plaasgevind het. Tydens die aanval op die pensioenbetaalpunt is ’n sekuriteitswag gedood.

Die elf beskuldigdes is almal van Phillipi.

Hierna is die strate van die Paarl in ’n toneel soos uit die Wilde Weste omskep, toe die rowers gevlug het met die polisie kort op hul hakke.

Verskeie voertuie is gekaap, voordat hulle in Newton deur die polisie aangekeer is. Hiér is ’n verdagte in ’n motor doodgeskiet.

Dinsdag het al 11 beskuldigdes saam met hul advokate besoek afgelê by die gebied, saam met die regter en hofbeamptes.

Plaaslike speurders moes onder eed stap vir stap die verskillende tonele uitwys, asook wat daar plaasgevind het, om ’n volledige prentjie te skets van die dag se gebeure.

Tydens die uitwysings in die verskillende areas, is paaie gesluit by Bergrivier Boulevard, Boschstraat en Jan van Riebeeckrylaan.

Die saak het vroeër vanjaar in die Kaapse Hooggeregshof begin loop, en sal na verwagting nog ’n geruime tyd duur.

* A large entourage consisting of armed policemen, attorneys as well as 11 men accused of armed robbery four years ago, visited the crime scene at the homing pigeon club in Paarl this week.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za