Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


TC Newman Hospitaal stel my erg teleur

TC Newman Hospitaal stel my erg teleur
 
2010-02-25


WAT ’n ondervinding. Ek het Dinsdag 3 Februarie omstreeks 10:00 met een van ons werkers wat hoë bloeddruk het, na die kliniek gejaag.

By die kliniek aangekom het die suster onmiddellik sy bloeddruk geneem en medikasie gegee, die dokter by TC Newman Hospitaal in Paarl-Oos geskakel en verwittig dat die pasiënt onmiddellik aandag moet geniet.

By Paarl-Oos Hospitaal aangekom, was die plek uiters morsig. Dit lyk of dit vir maande lank nie skoongemaak is nie.

Dan moet jy nie eens praat van die personeel wat jou moet help nie. Dit lyk of hulle by ’n begrafnisondernemer werk, met lang gesigte en glad nie behulpsaam nie.

Al wat hulle goed kan doen, is om die mense van bakboord na stuurboord te stuur.

Wat het geword van netheid, vriendelikheid, bedagsaamheid en hulpvaardigheid?

Dit was my eerste ontmoeting met Paarl-Oos Hospitaal en ongelukkig sal dit ’n blywende effek hê.

Dit is twee en ’n half uur later en die pasiënt sit nog steeds, met hoë bloeddruk en al en wag op ’n dokter, nadat die kliniek dit duidelik gestel het, en die dokter geskakel het, dat hy onmiddellike aandag moet geniet. Asseblief, vat my eerder na ’n begrafnisondernemer toe, voor julle my na Paarl-Oos Hospitaal toe neem.

Ek sal duisend maal beter met die dooies kan kommunikeer en beter behandeling ontvang.

Lizette du Toit




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za