Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Telkom trek hulle skouers op

Telkom trek hulle skouers op
 
2010-02-25


EK het ’n probleem met Telkom - na vyf weke kan ek nog steeds nie uitbel nie! Ons is senior burgers en daar kan maklik ’n krisis ontstaan waarvoor ons ons landlyn benodig.

Ons plaaslike Telkom trek net hul skouers op en sê dat hulle het hul plig gedoen het. Hulle het dit wel gerapporteer en kan niks verder aan die saak doen nie aangesien die fout in Pretoria of Johannesburg lê!

Op 10 Januarie was ons lyn net dood - vriende het gesê hulle kon wel hoor hoe die foon in hul ore lui wanneer hulle ons gebel het, maar dit het nie by ons huis gelui nie.

Ons het probeer om dit te rapporteer, maar telkens wanneer ons bel, moes ons hoor dat ons 10 minute of 15 minute of selfs 20 minute moet aanhou voordat ons oproep beantwoord kon word.

Nodeloos om te sê kan geen mens so lank aanhou met ’n selfoon nie. Hierdie diens is gratis vanaf ’n landlyn, maar nie vanaf ’n selfoon nie.

My dogter het toe namens ons gebel en moes met een van die oproepe 40 minute aanhou om net haar oproep beantwoord te kry! Ná vier oproepe en drie weke se wag is ons foon weer aangeskakel - glo ’n fout met die kabel - sonder dat enige tegnikus by ons huis was.

In die week voor ons probleme begin het, het ek navraag gedoen oor die balans van my lugtyd. Dit was R89 maar nadat die foon weer aangeskakel is, was dit skielik R35.

Ek is toe weer na Telkom met die motor, want ek kan steeds nie bel nie! Hulle weet nie hoekom nie, kan dit nie op hul stelsel vasstel nie, hulle sal ’n klagte indien.

Hulle bel my terug en sê dat dit my jaarlikse huurgelde is wat afgetrek is (my huur is eers in Maart verskuldig). Ek aanvaar dit toe maar so en koop weer R100 se lugtyd sodat ek weer kan uitbel.

Snaaks genoeg - op die koopstrokie staan toe ’n balans van R86 plus die R100 wat ek aangekoop het (totaal R186).

Toe ek by my huis aankom, bly die foonboodskap sê dat ek nog steeds in ’n minus is en daarom nie kan uitbel nie!

Ek is toe weer terug Telkom toe net om weer eens te hoor dat hulle nie kan help nie, want die fout “lê nie plaaslik nie, maar wel in Pretoria of Johannesburg”.

Ek het weer gaan kla, maar ons plaaslike Telkom trek net skouers op en sê dat hulle hul plig gedoen het deur dit te rapporteer en dat hulle niks verder kan doen nie!

Ek het selfs gesê dat ek my foon dadelik herstel wil hê of ek gaan die kontrak opsê en dan soek ek my R186 terug.

Hulle antwoord hierop, was dat ek my geld kan terugkry, maar dit sal 30 dae neem, want dit moet vanaf Johannesburg af kom.

Eers na vyf weke kon ek weer uitbel.

Telkom julle leuse sê: “We deliver whatever it takes” - please put your money where your mouth is!

Wellingtonner




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za