Sport-ster maak skoonskip op water
2010-02-25
Jaco van Wyk
OP die water voel Calene Loubser net so tuis soos op land. Dit is op ’n Hobie Cat seiljag waar dié 16-jarige leerder van Hugenote Hoërskool (graad 11) nie haar gelyke het onder haar mede-dogterseilvaarders nie. Trouens, sy laat meestal ook al haar seuns-opponente verstik aan haar sukses, terwyl sy oorwinnings die een ná die ander inpalm. Haar grootste prestasies tot dusver is haar kroning as o.16 SA dogters-seilvaartkampioen in 2008 (sy het ook 13de in die wêreld geëindig), asook haar toekenning as o.19 SA kampioen in 2009 (sy was vierde in die wêreld tydens die wêreldkampioenskappe). Dié titels is uiteindelik ook genoeg om van Calene ’n waardige wenner te maak van Paarl Post en Supersport se Let’s Play Sportster van die Maand. “Dit is ongelooflik lekker om deel te neem en dit is veral uitdagend omdat ek nie net teen dogters nie, maar teen seuns ook meeding,” sê Calene. Calene spot juis dat dit veral lekker is om klaar te speel met haar seuns-opponente. “Seuns dink mos altyd hulle is beter as ons meisies, so ek geniet dit om so nou en dan vir hulle ’n les op die water te leer.” Calene oefen oor naweke in Simonstad of Langebaan en as die wind sterk genoeg is, oefen sy tot vyf ure of meer per dag. “My sukses is seker te danke aan die lang ure wat ek op die water insit, maar ek weet ook dat niks moontlik sou wees sonder die ongelooflike ondersteuning van my ouers nie,” sê Calene. Calene se talente word egter nie net tot die oop waters van die see beperk nie - sy toon ook haar staal op die sportveld, waar sy deelneem aan atletiek, tennis, netbal en swem. Dan is Calene se ander groot liefde ballet en sy het reeds tot intermediate foundation vlak gevorder. Sy is verlede jaar deur Bianca’s Ballet School aangewys as mees-belowende senior student. Calene se raad aan jong kinders wat graag wil uitblink in sport, is om te glo in hulself. “Ek glo as ’n mens iets baie graag wil hê, sal mens dit kry, mits jy hard werk daarvo
More
News
|