Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gemerkte vis vat die aas

Gemerkte vis vat die aas
 
2010-02-25

Johan Nel

VIR die eerste keer in bykans ’n dekade het iemand daarin geslaag om ’n voorafgemerkte vis in die Laerskool Hugo Rust se jaarlikse hengelkompetisie aan die hoek te kry en daardeur ’n tamaai prys los te slaan.

Die gewilde hengelkompetisie is onlangs aangebied om fondse vir Hugo Rust in te samel en is by ’n dam op die plaas Abendruhe van Pierre Blake buite Wellington gehou. Nagenoeg 600 mense het op die dag van die kompetisie op die dam toegesak, waaronder 300 geesdriftige hengelaars.

“Dit is duidelik dat Hugo Rust se hengelkompetisie ’n baie belangrike plek op baie plaaslike hengelaars se program begin inneem,”sê organiseerder Chris Swanepoel.

André Rossouw is die hengelaar wat vir die heel eerste keer daarin geslaag het om die gemerkte vis – wat 2,6 kg geweeg het – te vang. Hy het ’n tent en twee kampstoele as prys ontvang.

Charl du Plessis se vis van 3,21 kg was die grootste vis en het aan hom ’n prys van R1000 besorg.

Charl Swanepoel was die Hugo Rust-leerling wat die grootste vis (2,61 kg) tydens die kompetisie gevang het. Hy het daarmee ’n spesiale trofee losgeslaan.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za