Bring jou boeke terug
2005-03-17
BIBLIOTEKE landwyd vier jaarliks gedurende Maart biblioteekweek en vanjaar is die tema “Lees, Leer, Presteer”.
Die biblioteke in Drakenstein vier hierdie geleentheid met ’n Boeke-amnestie vir die hele Maartmaand.
Dit beteken dat biblioteekgebruikers alle boeke wat sedert 2004 en langer by hule huise, werke of huise van hul vriende is, boetevry kan terugbring na een van die biblioteke toe.
Dit kan ook gepos word in spesiale houers by Vee’s Videos in die Paarl, Centre Point & Foodworld naby Drakenstein Biblioteek, Max Supermark en die klinieke in Mbekweni of die Newton-kliniek in Vanwyksvlei.
Baie skade word berokken wanneer boeke nie terugbesorg word nadat dit geleen is nie.
Dit kos die belastingbetaler baie geld omdat hierdie items uiteindelik deur die Munisipaliteit betaal moet word en biblioteekgebruikers word die gebruik van hierdie materiaal ontneem.
Wil u graag weer u biblioteek gebruik? Maak dan gebruik van hierdie aanbod en word weer ’n gereelde biblioteekgebruiker.
More
News
|