Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nuwe siklus by Woordfees

Nuwe siklus by Woordfees
 
2010-02-25


DIE Wellingtonse tenoor, André Serfontein, begelei deur Bennie van Eeden (klavier), stel nuwe Suid-Afrikaanse Kunsliedere bekend tydens ’n uitvoering getiteld “By die kruispad tussen Digters en Komponiste”. Dit word aangebied as deel van die Woordfees op 4 Maart om 17:30 in die Fismersaal, Stellenbosch.

Hulle voer liedere uit wat nog nie in die Wes-Kaap gehoor is nie en in sommige gevalle is dit die eerste Suid-Afrikaanse uitvoering. Tesame hiermee word Hendrik Hofmeyr se siklus “Ek maak ’n hek oop in my hart” op gedigte van Uys Krige en wat in opdrag van André Serfontein vir hierdie spesifieke fees aangevra is, uitgevoer. Liedere van Niel van der Watt en Johann Potgieter word uitgevoer asook vertaalde liedere (in Afrikaans deur Johan Anker) van Priaulx Rainier, Aubrey Meyer en John Joubert. Kaartjies is R75 (met afslag aan studente). Kontak Leonore by 082-576-4774.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za