Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wellington krieket tref slaggat

Wellington krieket tref slaggat
 
2010-02-25


DIE goeie vorm van die eerste krieketspan van Bella Roma Wellington-CPUT krieketklub het die afgelope naweek ietwat van ’n slaggat getref.

Saterdag het Wellington se eerste span vasgeval teen Brackenfell met 64 lopies.

Wellington het die loot gewen en Brackenfell (299/6) ingestuur om eerste te kolf.

Wellington se beste bouler was J Swanepoel (2/45).

In ’n poging om dié telling te jaag, kon Wellington slegs 235 lopies aanteken.

Wellington se beste kolwers was B Williams (46 ), W Groeneveld (53), C Schreuder (46) en J du Plessis (45).

Sondag het Wellington weer klei getrap, dié keer met 8 paaltjies teen Maties Krieketklub.

Wellington het die loot gewen en besluit om eerste te kolf (170/6).

Wellington se beste kolwers was B Williams (38) en W Groeneveld (70).

Maties het op hul beurt 171/2 aangeteken, met Wellington A Blom (2/23) die beste bouler.

Wellington II (219/9) het Saterdag teen Paarl-Oos II vasgeval.

Wellington se beste kolwer was N Roos (121).

Wellington het gesukkel in die veld en goeie kolfwerk van Paarl-Oos se Hollenbach, wat ook ’n honderdtal aangeteken het, het gesorg dat Paarl-Oos die wentelling in 36 beurte behaal.

Sondag het Wellington II (303 lopies) tuis teen Northdene gewen met 69 lopies.

N Roos (80), P Williams (66) en C Williams (48) was Wellington se beste kolwers.

Boulers wat uitgeblink het vir Wellington was M Maritz (48/2), G Williams (51/2), P Williams (35/2 ) en C Williams (44/2).




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za