Peoples Krieketklub op dreef
2010-02-25
SATERDAG op die Daljosafat-sportvelde het Young Peoples Krieketklub se eerste span hul wenmomentum behou deur Stellenbosch en Distrikte met 5 paaltjies af te ransel. Die manne van Stellenbosch kon slegs 145 lopies behaal, danksy goeie boulwerk deur Charlton Daniels (3/18) en Lorenzo Jacobs (3/25). Peoples het die wenteiken redelik maklik behaal (147/5), met Tom-Ross Fortuin (38*) en Edwin Jacobs (33) wat goed gekolf het. Op hul beurt het Peoples II uiteindelik ’n oorwinning behaal toe hulle Northdene (166) op hul tuisveld met vyf paaltjies geklop het. Die Tiere het ’n jong span in die veld gestoot en dié het hulself goed van hul taak gekwyt. Cameron Engelbrecht (2/16), Lester Julies (2/25) en Kurt Festus (2/26) het baljaar met die bal. Peoples het ook redelik maklik die lopies behaal met Brett Mitchell (20) en Stanton Kamalie (64) op dreef. Dié Saterdag is net die tweede span in aksie, teen Klapmuts op Daljosafat. Peoples I se volgende wedstryd is op 6 Maart teen Paarl KK op die Parys-velde
More
News
|