Jean Claude Jantjies gryp SA o.14 kroon
2010-02-25
DIE belowende, jong Paarlse fietsryer, Jean Claude Jantjies van Yorkshire, het onlangs puik vertoon om gekroon te word as die SA o.14 padfietsry-kampioen oor 60km, tydens die SA padfietsrykampioenskappe te Klerksdorp. In die derde plek tydens dié kampioenskap, was nóg ’n Yorkshire-ryer, Graeme Ockhuis, met die kampioenskap-gunsteling, Jandrich Kotze van Sentraal Gauteng (Mr. Price), wat tweede geëindig het. Jantjies is ’n leerder by New Orleans Sekondêr en Ockhuis is ’n leerder by Paulus Joubert Sekondêr. * Die Yorkshire Akademie beskik tans oor ’n groot groep belowende jong fietsryers, wat mekaar na skool ontmoet om saam te oefen. Die visie van Neotel is juis om dié ryers te ondersteun en om aan hulle geleenthede te skep om tot op die hoogste vlakke te skitter.
More
News
|