Gim dra Top 20 kroon
2010-02-25
MET agt goue-, ses silwer- en 2 bronsmedaljes tydens die Engen Top 20 Atletiekkompetisie te Bloemfontein, het Hoërskool Gimnasium se atlete vir die vierde jaar agtereenvolgens die gemengde afdeling van dié skole-kompetisie gewen. Gim se seuns het algeheel 5de (uit 25 spanne) onder die seuns spanne geëindig, met hul dogters wat algeheel 2de geëindig het (HMS was 3de onder die dogters en HJS en Landbouskool was onderskeidelik 4de en 6de onder die seuns). Gim het egter die meeste medaljes tydens dié byeenkoms gewen en saam met Grey Kollege ook die meeste goue medaljes ingepalm. Een van die aanskoulikste items tydens die Top 20-byeenkoms, was tydens die driesprong-item, toe Gim se Rushwahl Samaai die bordjies verhang het, om vir Stefan Brits van Paul Roos met ’n enorme rekordpoging van 7,57m te verslaan. Gim se atlete wat gouemedaljes verwerf het, was Schalk Burger (110mH; 400mH), Jan-Louw Kotze (GS; SW), Laura Labuschagné (1500m), Suzaan Broodryk (800m), Marina Swanepoel (400m), Jean-Mari Senekal (100mH; 400mH) en Rushwahl Samaai (DS). Die volgende dag was Gim se atlete na Pretoria om aan die Tuks Top 10-kompetisie deel te neem. Hoewel die Gimmies met seer lywe moes meeding en hoewel driekwart van die byeenkoms gestop was as gevolg van donderstorms (met heelwat van Gim se atlete wat nog moes deelneem), het Gim steeds sesde geëindig uit die 32 deelnemende skole. ) Hoër Meisieskool Paarl het die afgelope naweek ’n derde plek behaal onder die dogterspanne wat deelgeneem het aan die Top-20 Atletiekkompetisie. Onder HMS se top-presteerders was Tamaryn Cupido (33ste) en Christel van Tonder (48ste), wat albei onder die top 50 geëindig het. HMS se medalje-wenners was (goud) Alette Swart (G’S), Marise Malherbe (400m en 800m), Christel van Tonder (200m), Kulthoom Gaidien (PS), (silwer) Tamaryn Cupido (VS), Aletta Swart (DG), (brons) Marike Bruwer (800m) en Christel van Tonder (100m). ) Hoewel Hoër Jongenskool vanjaar minder atlete onder die eerste drie gehad het tydens die Engen Top 20 Atletiekbyeenkoms in Bloemfontein vergeleke met die afgelope twee jaar, het hulle ’n beter punte-gemiddelde per atleet behaal as in vorige jare en vierde geëindig. Vanjaar het HJS ’n punte-gemiddelde van 796 per atleet behaal, terwyl hulle in 2008 760 punte, en in 2009 773 punte per atleet ingepalm het. Ná HJS die afgelope twee jaar 2de geëindig het in dié kompetisie, het hulle vanjaar afgeskuif na die vierde posisie, met Paul Roos, Louis Botha (Bloemfontein) en Grey College wat die eerste 3 plekke beklee. Die volgende atlete van HJS het onder die eerste agt geëindig in hul onderskeie items: (o.15) Dewald Naudé (4de in 200m en 5de in 100m), Darren papier (3de in 200m en 4de in 100m), Marcquinn Solomons (4de in 100m, 3de in hoogspring); (o.17) Kurtley du Plessis (2de in 100m, 2de in 200m), Arthur Festus (1ste in 100m, 4de in 200m), Tiaan Mouton (2de in 400m hekkies), Arno Smit (4de in 800m, 7de in 1500m); (o.19) Lionel Abrahams (3de in verspring, 6de in 100m), Devon Williams (7de in 100m, 8ste in 200m), wissel-aflos 4de in 100m, 200m, 300m en 400m). ) Hoër Landbouskool Boland het tydens die Top-20-atletiekbyeenkoms 6de uit 25 skole geëindig, met 2 goue-, 2 silwer- en 6 bronsmedaljes agter hul naam. Landbou het ook agt skolerekords verbeter en 5 atlete het hul beste prestasies ooit behaal. Landbou se groot uitblinkers was Dian Visser (400m; 800m), Johannes Swart (GS), Christoff van Tonder (SG), Keagon Gordon (400m), Heinrich Buhr (SG), Adrian van der Merwe (DS; VS), JC van Reenen (100; 110mH), Iaan van Litsenborgh (200m; 400mH), Conrad Burger (GS; DG) en Ferdi Geldenhuys (1500m; 800m).
Hugenote Hoërskool se atletiekspan het ’n besonder geslaagde eerste deelname gehad aan die prestigeryke NW Universiteit/Sentraal Top 20-byeenkoms, wat onlangs in Bloemfontein plaasgevind het. Die skool het algeheel negende geëindig uit 29 uitgesoekte spog-atletiekskole van regoor die land en agt medaljewenners opgelewer. Ciani Loubser het die kroon gespan op ’n puik vertoning deur die goue medalje in die driesprong vir dogters 17 jaar te wen met ’n afstand van 11,46 m - ’n prestasie wat haar onder die toptien-presteerders van die byeenkoms geplaas het. Ander medaljes is verower deur Tarinka Truter (dogters 15 jaar; silwer in diskus en brons in gewigstoot), Jason le Roux (seuns 15 jaar, silwer in spiesgooi), Peka Cronjé (seuns 17 jaar, silwer in 1500m), Chris-Bosman Smit (seuns 17 jaar, brons in 400m), Marli Visagie (dogters 19 jaar, brons in 800m) en Nadia Giliomee (dogters 17 jaar, brons in paalspring).
More
News
|