Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kaartjies vlieg vir konsert op Paarlberg

Kaartjies vlieg vir konsert op Paarlberg
 
2010-02-25


GROOT belangstelling heers vir die terugkeer van die Neil Diamond - A Beautiful Noise Reunion konsert met Steve Hofmeyr en orkes.

Meer as 400 kaartjies is in die eerste twee dae reeds verkoop. Die vertoning vind plaas by die Paarlberg Amfiteater op 20 Maart.

Sowat ses jaar gelede was drie vertonings nodig om in die vraag na kaartjies te voorsien. Volgens die promotor, Gerhard Meyer, sal slegs een vertoning gehou kan word as gevolg van die groot koste van die produksie en Steve se beskikbaarheid.

’n Reuse TV-skerm word opgerig en tonne klank en beligtingstoerusting sal opgerig word deur ’n span tegnici.

Van Neil Diamond se grootste treffers soos ‘Sweet Caroline’, ‘America’ en ‘A Beautiful Noise’ sal deur Steve en die orkes opgevoer word en diegene wat ses jaar gelede hierdie skouspel bygewoon het, sal verseker weer hierdie professionele produksie wil beleef.

Die Reunion se keuse van treffers is deur Steve gedoen en is gebaseer op watter Diamond treffers die langste op die SA treffersparade was.

’n Verskeidenheid kos- en wynstalletjies sal bydra tot ’n feestelike atmosfeer en die hekke open reeds om 18:00.

Kaartjies is van R120 tot R150. Bespreek by 021-872-9754 of besoek www.cultivaria.com.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za