Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pers ligte gee hoop vir kanker

Pers ligte gee hoop vir kanker
 
2010-02-25


KANKER kan oorwin word, en om dit te vier, word die deurnag-aflosfees, Cansa Relay For Life, op 20 en 21 Maart op die Zanddrift-sportterrein (Boy Louw) in die Paarl gehou. Alle belangstellendes is welkom om deel te neem.

Om die geleentheid te gedenk, sal die ligte by die Taalmonument van Vrydagaand af pers wees (die kleur van hoop).

“Relay is nie ’n wedloop nie,” sê Kelvin de Jager (organiseerder). “Dis ’n feesviering en bewusmaking-veldtog vir die oorwinnaars en families van dié met kanker – dis ’n tyd vir herinnering.”

Relay is die grootste fondsinsamelingsprojek vir kanker in 20 lande wêreldwyd en het ook die Kankervereniging van Suid-Afrika (CANSA) se voorste bewusmakingsinisiatief geword.

Dit behels ’n deurnag-aflos deur deelnemende spanne uit die gemeenskap, maar daar sal ook ander aktiwiteite wees wat ’n wonderlike atmosfeer sal skep vir almal wat dit bywoon. Spanne kamp uit vir die nag om die baan en vier fees of onthou.

“Relay For Life is ’n vrolike, inspirerende en energieke reis waaraan ek almal aanmoedig om aan deel te neem,” sê Alta Falck, Projektefasiliteerder van Cansa Boland.

Relay hou geen grense vir deelname nie en alle geld wat ingesamel word, help om te sorg vir dienste aan kankerpasiënte, om vroeë opsporing en gesonde leefstyle aan te moedig, asook om kankernavorsing te bevorder.

Mense wat wil deelneem, kan vir Kelvin de Jager (083-516-1291) of Theuns Bester (082-376-7839) of Bertie Lambrecht (083-516-1291) kontak.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za