Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Liefdesfees by Taalmonument

Liefdesfees by Taalmonument
 
2010-02-25


DIE kultuurorganisasie Kairos bied Vrydag in samewerking met die Afrikaanse Taalmuseum/monument ’n Liefdesfees in die Paarl aan in die vorm van ’n piekniekkonsert by die Taalmonument van 18:00.

Op die program is liefdesliedjies deur Maryke B, die singende bloemiste, Bernie, beide van die Paarl, André Thomas van Elsiesrivier en Boeta Gammie, oftewel Akkedissie, wat al die pad van Calvinia kom. Digters wat deel sal wees van die program is Willem Fransman, Johleen Williams, Fiona Brophy en Henry October. Die Paarlse musikante Luca Hart en Danie du Toit sal piekniekgangers vermaak met klanke van viool en kitaar. Die program word afgesluit met ’n “oop mikrofoon” waar digters hul liefdesgedigte kan voorlees. Belangstellendes kan voor die program om 19:00 ’n aanvang neem, hul name aan die programleier besorg.

Jy is welkom om jou eie piekniekmandjie te bring of om ’n Liefdesfeesmandjie teen R120 vir twee (met ’n bottel vonkelwyn ingesluit) te bestel vanaf Volksmond Koffiewinkel (021-863-2800). Wyn sal teen spesiale pryse te koop wees. Kaartjies kos R20 (met ’n glas Boland Kelder Rosé ingesluit) en R10 vir kinders by die hek of vooraf by 021-872-3441 (Taalmuseum) of by 076-304-9627 (Petro Rhode).

* Saterdag vind die tweedelaaste volmaanpiekniek van die seisoen by die Taalmonument plaas.Vir navrae en pryse, kontak 021-872-3441 of 076-017-6026.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za