Man vas oor huise
2010-02-25
’n MAN is in hegtenis geneem nadat hy talle mense uit hul swaarverdiende geld verkul het. Klagtes is al ’n geruime tyd ontvang by die polisie oor Leslie Jacobs (58) wat na bewering deposito’s vir houthuise aanvaar, maar nie die produk lewer nie. Voornemende kopers het, nadat hulle deposito’s in Jacobs se bankrekening inbetaal het, nooit ’n houthuis of hul geld weer gesien nie. Nadat konst Xolani Makapula van Paarl polisie hierdie klagtes teen Jacobs ondersoek het, is hy in hegtenis geneem. Konst Makapula vra dat nog lede van die publiek wat vermoed dat hulle deur Jacobs ingeloop is, na vore moet kom. Hy kan gekontak word by 021-807-4000.
More
News
|