Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pistool by dagga gevind

Pistool by dagga gevind
 
2010-02-25


DIE Klapmuts polisie het die afgelope naweek heel toevallig 地 goeie slag teen misdaad geslaan.

Terwyl speurders 地 roetine-patrollie gery het, het hulle 地 verdagte voertuig opgelet wat by die informele nedersetting Mandela City inry.

Hulle het toe vasgestel dat die mense binne die voertuig geen bedreiging bied nie, maar terselfdertyd, het hulle nog 地 verdagte persoon vanuit 地 informele woning sien kom. Toe hulle hom nader, het hy die hasepad gekies.

Die offisiere het ondersoek ingestel binne die huis en tot hul verbasing op meer as twee kilogram dagga afgekom wat netjies op 地 bed gepak was. Hulle het die woning verder deursoek en ook op 地 gesteelde vuurwapen, versteek onder die bed, afgekom.

Die vuurwapen, 地 Union 6.35mm, is verlede jaar in Junie in Brackenfell gesteel. Met verdere ondersoek is die eienaar van die woning, Sakhumzi Mkoko (27), opgespoor en in hegtenis geneem in verband met die dagga en die vuurwapen.

* Die publiek het tot 11 April kans het om as deel van die vuurwapen-amnestie ongewenste en ongelisensieerde vuurwapens by polisiekantore in te handig.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za