Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Strafpunte nie in werking

Strafpunte nie in werking
 
2010-02-25


TALLE mense is in rep en roer omdat hulle onder die indruk is dat die strafpuntestelsel vir verkeersoortredings reeds in werking getree het.

Maar hierdie illusie is geskep deur 地 valse epos wat die rondes doen met foutiewe inligting.

Hierdie strafpuntstelsel is wel op die kaarte, maar volgens die plaaslike verkeersowerhede sal dit ten minste nog drie maande neem voordat dit in werking tree. Die stelsel is tans slegs in Gauteng op 地 proefbasis aktief.

Die stelsel wat bekend staan as die Aarto-puntestelsel (Wet op Administratiewe Beregtiging van Padverkeersmisdrywe) is ontwerp om paaie veiliger te maak en om wetteloosheid op paaie hok te slaan.

Veral spoedvrate word geteiken, asook onpadwaardige voertuie.

Volgens die beoogde Aarto-puntestelsel, sal motoriste met 地 nul-syfer begin. Sodra daar 12 punte weens verkeersmisdrywe teen hul naam is, word die rybewys vir drie maande opgeskort.

Indien 地 oortreding vir drie maande lank nie begaan is nie, sal daar elke drie maande een punt verwyder word van wat reeds teen die motoris se naam is.

As die rybewys egter drie keer opgeskort is, verloor die bestuurder dit permanent.

Nadat 地 motoris 地 Aarto-verkeersboete gekry het, het hy 32 dae tyd om die boete teen 地 afslag van 50% te betaal. Die afslag raak nie die punte nie.

Indien dit nie betaal word nie, kry die bestuurder eers 地 hoflikheidsbrief, dan 地 aanmaningsbrief, gevolg deur 地 lasbrief vir inhegtenisneming.

Maar, volgens regskenners, is daar talle tameletjies wat uitgestryk sal moet word voordat hierdie stelsel amptelik in werking kan tree.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za