Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gruwelike dieremishandeling

Gruwelike dieremishandeling
 
2010-03-04


LEDE van die Paarl DBV was vandeesweek geskok toe ’n man met ’n kat sonder ’n kop by hulle aangeklop het.

Wayne Maziba van Ben Bernhardt, het aan hulle vertel dat toe hy Sondagaand by die huis kom, was sy kat nie soos gewoonweg op sy bed nie.

“Ek het vir my buurvrou, Gina, gaan vra of sy my kat gesien het. Sy het niks gesę nie, maar toe ek na buite loop, het sy met my dooie kat aangeloop gekom.

“Ek was geskok toe ek sien dat haar kop afgekap is. Sy het geen verduideliking gegee oor wat gebeur het nie en net weggeloop.”

Linda Groenewald van die Paarl DBV, het gesę dat dit ’n skokkende voorval is.

“Geen dier verdien om so wreedaardig behandel te word nie.”

Maziba wou Sondagaand ’n saak van dieremishandeling teen sy buurvrou maak, maar volgens hom en Groenewald, weier die polisie om hierdie sake te aanvaar.

“Ons het al verskeie kere die wette oor dieremishandeling aan die polisie voorgelę, maar dit lyk asof hulle nie wil betrokke raak hierby nie,” het Groenewald gesę.

“Daar is wette wat diere beskerm en dit is die polisie se plig om hierdie wette deur te voer.”




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za