Dwelmbedryf vasgevat
2010-03-04
DIE Groot Drakenstein Polisie het weer eens die afgelope maand gewys dat hulle ernstig is in die stryd teen dwelms. Verskeie deursoekingsoperasies is gedoen by dwelmhandelaars en daar is beslag gelê op hoeveelhede dwelms. Die gemeenskap word bedank vir waardevolle inligting wat deurgegee word aan die polisie wat gelei het tot hierdie beslagleggings. Hulle word steeds versoek om behulpsaam te wees in die stryd teen dwelms deur inligting spoedig aan die polisie deur te gee by 021-874-8000. Lanquedoc gemeenskap beplan om op Saterdag 27 Februarie om 14:00 in opstand te kom teen die dwelm-euwel in hulle gebied. Alle inwoners is welkom om deel te hê aan die optog om hul ontevredenheid te demonstreer. Verdere inligting kan verkry word vanaf die plaaslike Raadslid of die plaaslike Buurtwag.
More
News
|