Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Verhoor oor Paarl Print brand

Verhoor oor Paarl Print brand
 
2010-03-04


DESKUNDIGES verskaf tans antwoorde op vrae oor wat presies op 17 April verlede jaar tydens die vernietigende brand by Paarl Print gebeur het.

Die departement van arbeid is tans by die Bolandpark Krieketstadion besig met ’n openbare ondersoek wat tot volgende Vrydag sal duur. Verskeie kundiges en ooggetuies sal ondervra word.

Kim Yates van Hexagon Fire Investigations was Maandag en die grootste gedeelte van Dinsdag aan die beurt. Hy het kringtelevisiemateriaal gewys van wat gebeur het in die oomblikke nadat die brand uitgebreek het.

Dit toon hoe die brand binne sekondes vererger het nadat dit in die kantien op die tussenvloer van die bindery uitgebreek het.

Volgens Yates was die oorsprong van die brand waarskynlik die oliebraaier in die kombuis.

“Die hitte van die oop vlam het die insulasiemateriaal in die dak aan die brand laat slaan waarna die brand vinnig versprei het,” sę hy.

Bedenkinge is uitgespreek oor die min uitgange (waarvan sommiges gesluit was), die feit dat geen planne ingedien was vir die bou van die kantien met sy lae plafon nie, die tipe materiaal waarmee die dak geďnsuleer was, en die afwesigheid van daksproeiers.

Dinsdag het dr Philip de Vos, ’n ander branddeskundige, sy bevindings aangebied. Daar was getuig dat daar geen voldoende rookuitsuigstelsels in die gebou was nie.

Intussen het Paarl Print onderneem om ten volle saam te werk met die departement van arbeid gedurende die ondersoek.

“Nelia Burger, mediawoordvoerder van Paarl Print sę: “Die spesialiste het bevestig dat die aard en omvang van die vuur op 17 April 2009 ongeëwenaar was as gevolg van die unieke omstandighede.

“Paarl Print het verskeie sisteme geďmplementeer ten einde aan die statutęre en verwante vereistes te voldoen met betrekking tot die gesondheid, veiligheid en welstand van sy werknemers.

“Voor die brand was Paarl Print oortuig, op grond van inligting tot die besigheid se beskikking vanaf deskundiges, dat die nodige veiligheidstelsels gepas en effektief was.

“n Standaard brandoefening is vir 13:01 op 17 April 2009 (die dag van die brand) beplan ter herbevestiging van die verskillende stelsels wat in plek was.”




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za