Sport Telbord
2010-03-04
ACTION SPORT
Paarl Action Sports het krieket-finale aangebied op 26 Februarie. Die uitslae was soos volg: (League D1): Bronze - Zoners 70/Samurai Puppies 99; Gold/Silver - Hippo Rock B 103/Wyntrein 85; (C4) Bronze - Flying Squad 76/Potkettels 140; Gold/Silver - Team Jack 115/Fairview 92; (C1) Bronze - Sarona Boys 108/Graham Beck Wines 135; Gold/Silver - MAN 90/Hoertjoeps 130; (B4) Bronze - Runaway Comebacks 115/Rhino’s Mix 143; Gold/Silver - Affiplaas 131/Wijnland 77; (B1) Bronze - Mixed Fruit; Gold/Silver - Stallions 117/Capones 112.
KANO’S
Paarl Kanoklub se roeitye (23 Februarie): Josie Williams 00:47:01; Luke Stowman 00:47:04; Heinrich Schloms/FC Basson 00:47:10; Mynhardt Marais 00:47:11; Mark Hill 00:47:15; Divieano Pietersen 00:50:02; Emile Minnaar 00:50:04; Burger Coetzee 00:50:25; Donnie Malherbe 00:50:27; Michael Lee Farringer 00:51:15.
KRIEKET
* Young Peoples se tweede span het Saterdag vir Klapmuts Krieketklub met 9 paaltjies geklop op die Daljosafat-sportvelde. Klapmuts kon slegs 104 lopies aanteken, nadat Peoples se Tom-Ross Fortuin (4/25) en Garren Fortuin (3/18) verwoestend was met die bal. Peoples se kolwers kon die wenlopies reeds in die 15de boulbeurt behaal, met Stanton Kamalie (61*) die beste kolwer. Eerskomende Saterdag speel Peoples I teen Paarl KK op die Parys-velde. Peoples II speel weg teen Maties II. Sondag in die Pro-20 kompetisie speel Peoples tuis teen Worcester United op die Dal (14:30).
* GMT Paarl-Oos se tweede span (258/8) het Saterdag afgereken met Van der Stel (257/9). Paarl-Oos se beste boulers was Justin Pietersen (4/60) en Wayne Jantjies (3/57) en hul beste kolwers was Rahoul Paulse (62*, 8x4 en 1x6), Roger Cupido (46, 7x4 en 2x6), en Wayne Jantjies (41, 6x4 en 2x6). Eerskomende naweek speel Paarl-Oos I teen Wellington I (New Orleans) en Paarl-Oos II speel teen Klapmuts I (Allandale). Sondag begin die 20/20-reeks, met Paarl-Oos I en II teen Wellington I en II te New Orleans. Die tweede spanne speel om 10:30 en die eerste spanne speel 14:30.
More
News
|