Rugby-flitse
2010-03-04
GIMNASIUM O.16-TOERNOOI
Hoërskool Gimnasium bied op 27, 29 en 31 Maart o.16-skolerugbytoernooi aan - die grootste o.16-toernooi in SA. Saam met Gim sal skole soos Grey Kollege, Affies, Michaelhouse, Jeppe, Outeniqua Hoër, DF Malan, HJS, Boland Landbouskool saamtrek vir ’n skouspel van skolerugby. Besoek die webwerf op www.u16rugbytournament.rgcms.co.za of kontak die skool by 021-872-1541.
ALBIONS RUGBYKLUB
Albions se vriendskaplike wedstryde is op 6 Maart (weg teen Franschhoek), 13 Maart (weg teen Hillcrest United) en 26 Maart (weg teen Pniel Villagers). Albions soek ’n wedstryd op 20 Maart. Kontak 073-419-8476.
PAARL RUGBYKLUB
Paarl Rugbyklub se juniors (o.20’s) bied Saterdag ’n rugbydag aan, terwyl die seniors teen Maties kragte meet. Alle wedstryde word op die Faurestraat-stadion beslis. Om 10:00 speel RPC2 teen WPR1, gevolg deur (11:00) RPC1 vs WPR1, (12:20) Helderberg 2 vs Young Peoples, (13h30) Paarl o.20 vs Valsbaai 2, (14:40) Hamiltons 1 vs Valsbaai 1, (15:50) Helderberg 1 vs Maties 3, (17:10) Paarl 2 vs Maties 2, (18:30) Paarl 1 vs Maties 1.
VIOLETS RUGBYKLUB
Violets het Saterdag met 26-7 vasgeval teen Porterville, in ’n vriendskaplike wedstryd. Ondanks dié nederlaag, het Violets se agtsteman Ashley Uren ’n barshou gespeel. Ady Berg het Violets se drie gedruk. Violets speel Saterdag tuis teen Rangers.
YOUNG STANDARDS
Young Standards se bestuursvergadering is op 8 Maart en die algemene klubvergadering op 15 Maart en elke tweede Maandag daarna te Ebenezer Laerskool. Oefeninge geskied vanaf vandag te Boy Louw-sportgronde. Die klub beplan ’n oefenkamp vir 13 Maart, asook ’n wedstryd teen Blue Stars te Klapmuts op 20 Maart. Op 27 Maart bied Young Standards sy jaarlikse familiedag te Parys-velde aan, waar informele krieket wedstryde gespeel sal word. Almal is welkom, maar veral die teenwoordigheid van oud-lede is baie belangrik. Registrasie van junior spelers sluit 31 Maart. Juniors word versoek om hul afrigters te kontak. Kontak 082 731 4879.
YOUNG PEOPLES
Young Peoples en Roses United pak mekaar Saterdag in ’n vriendskaplike wedstryd op die Daljosafat-stadion. Die eertse wedstryd begin 14:00. Hek gelde is R5 vir volwassenes, R5 vir Motors en R3 vir studente.
More
News
|