DIE VGK Immanuel in die Paarl hou op Saterdag hul eerste pretdraf/stap om 06:30 vanaf die kerk as deel van hul Gemeentedag-feesvieringe.
Deelnemers kan kies tussen ’n 5km (stap) of die 10km (hardloop) wedloop.
Die inskrywingsgeld is R15 vanaf 06:00 by die kerk. Vooraf-inskrywings vind plaas op Vrydag tussen 17:00 en 19:00 by die kerk. Na afloop van die wedloop word die tafels om 11:00 geopen. Daar sal eetgoed en volop vermaak vir die jongspan wees.