Wellington wen riller
2010-03-04
DIT was ’n naelbyt-oorwinning vir die besoekers, maar nietemin ’n welverdiende sege vir Wellington Krieketklub se eerste span, oor Van der Stel op Stellenbosch. Bella Roma Wellington-CPUT Krieketklub het Saterdag se wedstryd, wat hulle met een lopie gewen het, afgeskop deur die loot te verloor en hulle is ingestuur om eerste te kolf. Met Bronwill Williams (38), Warren Groeneveld (20) en Pietie Williams (21) die besoekers se voorste lopiemakers, kon Wellington uiteindelik 154/10 bymekaarskraap. Van der Stel het gaan kolf en Wellington se totaal met mening gejaag, net om uiteindelik slegs 153 lopies aan te teken voordat Wellington al hul paaltjies platgetrek het. Wellington se beste boulers was Alfonz Blom (3/28), Jaco Strydom (2/24) en Marnitz Pfister 3/29. Wellington II (199) het Saterdag met 60 lopies die knie gebuig teen Brackenfell II (259). M Saterdag (37) was die beste kolwer en W Hendricks (3/25) die beste bouler.
More
News
|