Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Young Gardens seëvier

Young Gardens seëvier
 
2010-03-04


YOUNG GARDENS het Saterdag hul jaarlikse sewestoernooi met groot sukses aangebied by Boy Louw rugbyvelde, en uiteindelik as welverdiende kampioene geheers onder die 16 deelnemende spanne.

Dit was reeds in die uitspeelrondes duidelik dat daar min tussen die spanne te kies sou wees.

Goeie rugby is deurlopend gespeel en sommige wedstryde is eers in die doodsnikke beslis.

Hoewel dit ná die vroeë uitspeelrondes duidelik was dat Peoples en Gardens die grootste aanspraakmakers op dié gesogte titel sou wees, was dit ’n buiteperd, Blue Stars van Klapmuts, wat die oog gevang het met hul aanskoulike rugby.

Blue Stars het daarin geslaag om Riverstones in die kwarteindstryd uit te skakel en gevolglik tot die halfeindstryd deurgedring waar hulle teen die uiteindelike kampioene vasgeval het.

In beide die beker- en plaatafdelings was dit moeilik om wenners te kies.

In die plaatafdeling het Young Standards en Rangers A deurgedring tot die eindstryd, wat uiteindelik gewen is deur Young Standards.

Die bekerfinaal was’n titaniese stryd tussen Gardens en Peoples, met eersgenoemde wat 19-15 gewen het.

Die wedstryd was in die doodsnikke met beklink toe Gardens se Chavandry van Schoor met slim spel vorendag gekom het om steelkant om breek, waarna hy twee verdedigers op hom getrek het om die bal netjies uit te gee aan Conroy Eiman, wat 50 meter moes nael om die wendrie te druk.

Gardens se Ashwill Abrahams is aangewys as die speler van die toernooi terwyl Peoples beloon is vir die span wat die meeste drieë (20) deur die loop van die toernooi gedruk het.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za