Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kavaliers knou Streeptruie

Kavaliers knou Streeptruie
 
2010-03-04

Jaco van Wyk

’N ‘NUWE’ span, ’n nuwe breier, die taai WP-stryd agter die rug en 5 ligapunte in die sakkie.

Dit is die kort en lank van die Boland Kavaliers se stand van sake, ná die eerste ronde van die Vodacombeker-kompetisie, ná hulle Saterdag op Bredasdorp afgereken het met die magtige Westelike Provinsie.

Vyf drieë vir die Wynboere teenoor die drie drieë van die Streeptruie, is ’n regverdige opsomming van die beheer wat die Kavaliers oor hul bure van die Kaap gehad het, in hul uiteindelike 37-28 sege.

Die Kavaliers se swaar voorspelers, wat met goeie werkverrigting hul gewig effektief agter hul baldraers gegooi het, het ook deurgaans goed gekombineer met hul agterspelers om gereeld op die voorvoet te bly.

Dit was juis goed-beheerde fase-spel deur die voor- en agterspelers, wat gelei het tot Franzel September (flank) se eerste drie.

Die losskakel Dean Grant het dié drie verdoel.

Kort hierna het Grant ’n gaping ontbloot om ’n drie agter sy naam te voeg.

September se tweede drie het gekom toe die regtervleuel Hyron Thyse hom gevind het, ná ’n goeie lopie by die kantlyn af deur laasgenoemde speler.

Met die rustydtelling 22-16, ná Coenraad Marais (vleuel) WP se drieë-rekening geopen het, was die Wellingtonners egter nie van stryk gebring nie.

Die Kavaliers het twee verdere drieë behaal in die tweede helfte van die wedstryd - een deur die oud-Springbokslot Hottie Louw en die ander deur die agtsteman Zandré Jordaan.

Grant het uiteindelik met drie doelskoppe en twee strafdoele geslaag, om ’n 17-punte bydrae tot sy span se telling te maak.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za