Atlete toon staal
2010-03-04
MEER as 2000 atlete het die sowat 20 000 toeskouers keer-op-keer uit hul sitplekke laat spring, tydens die twee atletiekkampioenskappe wat die afgelope naweek op die Daljosafat-stadion aangebied was. Die Boland Jeug- en Junior-atletiekkampioenskappe en die Laer- en Hoërskole-kampioenskappe was Vrydag en Saterdag met sukses aangebied op die Dal, met Bolandse atlete wat hul staal in altesaam 235 items ten toon gestel het. Toeskouers het waarlik atletiek uit die boonste rakke aanskou. Altesaam drie Boland-rekords is gebreek in die Boland Jeug-kampioenskappe. Een van die beste vertonings van die dag, was gelewer deur Willem van Schalkwyk in die seuns 17 jaar hoogspring-finaal. Van Schalkwyk het ’n hoogte van 1,96m bereik, om ’n 12-jaar oue rekord te verbeter. Die ander twee rekords was gebreek deur Dylon Fairbridge (seuns 15jaar 100mH; 12,90) van Hoërskool Gimnasium en Ciani Loubser (dogters 17jaar verspring; 5,81m) van Hoërskool Hugenote. ’n Span wat Boland Atletiek gaan verteenwoordig tydens die SA Jeug en Junior kampioenskappe sal op 8 Maart bekend gemaak word. Besoek bolandathletics.com vir meer inligting.
More
News
|