Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


'Kap An' 'n Afrikaanse dramaproduksie

'Kap An' 'n Afrikaanse dramaproduksie
 
2010-03-04


DIE Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans se eie dramaproduksie ‘Kap Án’ is tydens vanjaar se Woordfees op Stellenbosch op 3 Maart (18:00) en 6 Maart (15:00) by die Japie Krige-saal te sien.

Hierdie toneelstuk moedig jong mense aan om geleenthede aan te gryp, en belig die sosio-maatskaplike uitdagings in die verskillende Afrikaanse gemeenskappe.

Dit poog om die etniese, kulturele en godsdienstige verdelingslyne tussen die Afrikaanse gemeenskappe en ook anderstalige gemeenskappe af te breek en wedersydse begrip en versoening aan te moedig.

Die bekende akteurs Riaan Visman en Euodia Samson vertolk die hoofrolle en die kaartjies is teen R65 beskikbaar by Computicket.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za