Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Die Kaap is Hollands

Die Kaap is Hollands
 
2010-03-04


’n GOEIE dertig jaar al het die Afrikaanse sanger Jannie du Toit ’n buitengewone belangstelling in musiek uit die Nederlande.

Dit is veral die kleinkuns wat hom aanspreek – liedjies wat maklik staanplek kry in die sfeer van kabaret.

Jannie het vir die eerste keer dié soort van Nederlandse liedere op ’n groot verhoog gesing saam met Laurika Rauch in Van Berlyn tot Bapsfontein (1988), ’n “kabaretkonsert” van Stephan Bouwer. Van toe af het sy Nederlandse repertorium voortdurend gegroei en dit was nie lank nie of ’n volledige Nederlandstalige kabaret - De Kleine Man - met Christa Steyn by die klavier en versorg deur Ilse van Hemert was op die planke.

Sedert sy musiekvideo van Jacques Brel se Madeleine in die vroeë 1990’s te sien was, word hy vir goed vereenselwig met die groeiende plaaslike belangstelling in Nederlandstalige musiek. Jannie het ook vertalings van Brel en de Corte gedoen vir opnames deur Coenie de Villiers en ’n aantal Han Koreneef-tekste (Marco Borsato-liedjies) vir verskeie Afrikaanse sangers.

Op versoek van die Woordfees in Stellenbosch bied Jannie en Christa om 18:00 op 6 Maart in die Fismer-saal ’n program van liedere uit de Lae Lande aan.

Die kabaretkonsert Die Kaap is Hollands word ’n musikale bloemlesing van musiek- en taalgrepe wat wys dat daar danksy die ryk taalerfenis ’n gemeenskaplikheid bestaan tussen mense wat al drie eeue lank duisende kilometers van mekaar verwyder is.

As ’n ekstra lekkergeitjie – sal die liefling van Afrikaanse gehore, Lize Beekman, saam met hulle ’n liedjie sing wat sy reeds saam met Jannie opgeneem het vir sy album Leeuspruit - ’n vredesliedlied van Annie MG Schmidt en Harry Bannink getitel Vluchten kan niet meer.

Besprekings by Computicket by 083-915-8000 of www.computicket of by Oude Libertas Amfiteater by 021-809-7473 en van 1 tot 7 Maart op die tweede vloer van die Lettere-gebou (021-808-3138).




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za