Goeie Vrydag Kruistog
2005-03-17
DIE Goeie Vrydag Nagmaalsdiens vir plaaslike NG gemeentes word vanjaar om 09:00 in die Toringkerk gehou. Voor die diens sal daar ’n Via Dolorosa-kruisoptog gehou word van Strooidak- af tot by Toringkerk. Dié optog begin reeds om 7:45 by die parkeerterrein van Strooidak.
Die roete is met Hoofstraat langs, en by altesaam ses stasies sal daar gestop word insluitend Huis Vergenoegd, Holy Trinity, Protea Aanbiddingsentrum en St Augustine’s in Van der Lingenstraat.
Mense kan ook langs die pad aansluit.
More
News
|