Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


VSA-blits deel kennis met Bolandse naellopers

VSA-blits deel kennis met Bolandse naellopers
 
2005-09-08


DIE beste naelloop-atlete in die Boland kry Saterdag kans om by een van die wêreld se beste naellopers die fyner kunsies van naellope aan te leer.

Een van die vinnigste mans oor 200m tans in die wêreld, die Amerikaner, Robert Carter sal Saterdag van 09:00 tot 12:00 ’n naelloop-afrigtingskliniek op die Daljosafat Stadion aanbied.

Carter spog reeds met ’n beste tyd van 20,56 in die 200m en kom uit ’n familie wat vir die afgelope paar dekades wêreldklas naellopers oplewer.

Die atlete wat veral sal baat vind by die kliniek, is die 100m en 200m
atlete wat in finale voorbereiding is vir die SA Jeug Spele wat later vandeesmaand in Durban gehou word.

Die Amerikaner is ’n gas van die Suider-Afrikaanse Sportwetenskappe Vereniging.

Hy sal dan ook die spreker wees by die Suider-Afrikaanse Sportwetenskapkongres wat volgende week op Stellenbosch plaasvind.

Die onderwerp waaroor hy gaan praat, is temperatuurbeheer van die liggaam tydens oefeninge.

Navrae: Richard Stander (072-347-8964).



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za