MUSIEKLIEFHEBBERS kan op 27 Maart uitsien na heerlike musiek en vermaak tydens ’n Kuier Met Die Kunstenaars (KMDK) opelugteater-vertoning by die Afrikaanse Taalmonument.
Die kunstenaars wat gaan optree, is die Campbells, Wynand en Chereé, Lianie May, Bobby van Jaarsveld en David Fourie. ’n Persentasie van die opbrengs wat by dié vertoning gemaak word, sal geskenk word aan die Nagskuiling in die Paarl.
Kaartjies is vanaf R100 tot R150 by Computicket of by www.kmdk.co.za.
Die hekke en stalletjies open om 14:00. Kom geniet ’n opwindende musiekfees vol pret en plesier vir oud en jonk!