Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Neil Diamond en Steve, wat 'n kombinasie!

Neil Diamond en Steve, wat 'n kombinasie!
 
2010-03-04


DIE Berg gaan bewe te oordeel aan die groot belangstelling wat heers vir die Neil Diamond – a Beautiful Noise Reunion vertoning deur Steve Hofmeyr.

Konsertgangers van sover as George het reeds kaartjies gekoop en almal is opgewonde om weer hierdie wonderlike vertoning te beleef. Die vertoning vind plaas op 20 Maart by die Paarlberg Amfiteater.

Steve het die treffersparade oor meer as ’n dekade bestudeer en het al die gewildste treffers van Neil Diamond gekies vir die vertoning wat onder andere ‘Sweet Caroline’, ‘Cracklin Rosie’, ‘I am I said en a Beautiful Noise’ insluit. Steve word begelei deur ’n orkes met spesiale TV skerms en beligting wat sal bydra tot die skouspel wat ses jaar geneem het om weer ’n Paarlse draai te maak.

’n Verskeidenheid kos- en wynstalletjies sal bydra tot ’n feestelike atmosfeer en die hekke open reeds om 18:00. Slegs twee stalletjieruimtes is nog beskikbaar. Indien jy belang stel in ’n stalletjieruimte, skakel 021-872-9754. Kaartjies is van R120 tot R150 en bespreek by 021-872-9754 of www.cultivaria.com.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za