OP Vrydag 12 Februarie ongeveer 15:00 het my sesjarige seun op ’n onverklaarbare wyse vanaf sy skool se sportveld gedwaal sonder die medewete van sy opvoeders.
Hy het, na verneem word, gevorder tot by die hoek van Tekstiel- en Lady Greystraat in die Paarlse middedorp.
’n Goeie Samaritaan wat daar verbygery het, het my seuntjie raakgesien waar hy staan en huil het, hom opgetel en na ons huis geneem.
As ouer van die sesjarige sit en dink ek gedurig wat sou kon gebeur het as dié meneer nie my seuntjie raakgesien het nie.
Jy het ons van absolute trauma gered. Mag die Here jou seën.