Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vieslike erf in Thomstraat

Vieslike erf in Thomstraat
 
2010-03-04


ONS sit met dieselfde probleem as “Atlanta” woonstelle se inwoners, met ’n erf op die hoek van Thom- en Derksenstraat wat vuil en toegegroei is.

Sedert die huis op die terrein byna twee jaar gelede gesloop is, is die bourommel net so gelaat.

Die erf word nou as toilet gebruik. Daar is vlieë en sekerlik rotte en muise.

’n Brief wat ek gekry het van die Munisipaliteit sê die saak geniet aandag.

Al wat ons wil hê is dat die persoon aan wie die erf behoort, dit moet skoonmaak en die perseel moet toemaak. Is dit so baie gevra om hier op te tree?

Belastingbetaler

May Carolissen van Drakenstein Munisipaliteit reageer: Boubeheer sal binne 48 uur ‘n kennisgewing op die eienaar beteken om die bourommel te verwyder en die plek te beveilig. Brandweer sal die oorgroei van gras aanspreek.



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za