Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Swak kwaliteit van wendyhuise pla baie

Swak kwaliteit van wendyhuise pla baie
 
2010-03-04


EK is baie teleurgesteld met die kwaliteit van die wendyhuis wat op 26 Augustus verlede jaar deur R&R Wynland Wendyhuise van Wellington vir my opgerig is.

Ek het verskeie kere by die eienaar, mnr Pietie le Roux, gekla. Hy het na geruime tyd die perseel besoek, die foute op ’n stukkie papier neergeskryf en gesê hy sal na drie dae weer terugkom. Hy het nou nog nie opgedaag of my gebel nie.

Intussen het ek al baie skade gehad. Die dak van die huis, wat dien as mobiele winkel, lek baie. Van my voorraad het nat geword en het bederf.

Die dakplate is so dun dat ’n 12-jarige nie eens daarop kan loop om dit reg te maak nie. As gevolg van die wind het die dak al begin oplig en ek moes ’n seil kry om dit toe te maak.

Die slaapkamervenster se ruite is skeef ingesit. Die spykers is sommer verby die balke ingeslaan en daar is groot gate in die vloerplanke. Ek gaan nou na die klein eisehof.

Esmé Roto, PaarlPietie le Roux reageer: Met ons ondersoek na mev Roto se klagtes, het ons bevind dat sy hake aan die balke geskroef het en rakke daaraan vasgemaak het, wat veroorsaak dat die dak se konstruksie verswak het. Dit lei tot lekkasies.




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za